Skip to content

Brug van die esels

Pages
272
Published
1992
Language
English

Synopsis

Vir Araminta Rossouw het diamante ´n magiese aantrekkingskrag: nie vasgeklamp in ringe of in koningskrone en septers nie, maar ongeslyp en vry in die palm van haar hand, in die holtes van haar African violet se blare, of op haar vensterbank waar hulle met die berg kan gesels. Diamante is klein klippies, heilig, waarin oerlig gebêre is. En hulle straal iets uit: as sy hulle vashou, weet sy of hulle gelukkig is of nie. Om mense uit ´n geldelike verknorsing te help, gaan verkoop sy vir hulle diamante in ´n krotterige Kaapse buurt, en daarmee gaan ´n kortpad na vryheid vir haar oop. Sy wat as wit kind van Afrika verwerp voel, en gedoem tot ´n ewige struggle; wat wil padgee na ´n land waar dit moontlik is om gewoon te leef sonder skuldgevoel, en by geluk uit te kom. Dit was toe sy op universiteit in die geskiedenis van die Afrikanervolk gaan delf het om haarself te probeer vind dat sy op ´n barsie afgekom het wat deur alles loop en waarvan iemand haar ooit gesê het nie. ´n Bars wat al groter word, en wat almal en alles aantas. Nou sien sy geen keuse nie: sy moet self op dié bars langs loop. Want as eiendomsagent sal sy nog baie kommissie moet verdien om vlerke te kan hê vir wegvlieg, maar diamante bied ´n vinnige ontsnaproete. Gevaarlik, maar onweerstaanbaar. Só begin ´n spel met die fassinerende blink klippies wat haar in ´n krisis laat beland wat sy met haar noukeurige berekenings nie kan voorsien nie. En wanneer alles verlore lyk, kom Koos Malharbe as prokureur in haar lewe. Hy wat genoeg gesien het om te weet dat dit ´n mens nie baat om ´n brug bo-oor die waarheid te probeer bou nie.

About the author

D
Dalene Matthee

Dalene Matthee is in 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap gebore. Altesaam 13 boeke het uit haar pen verskyn. Hoewel sy haar loopbaan met kinderstories en kortverhale begin het, is sy vandag veral vir haar vier “Bosboeke” bekend: Kringe in ‘n bos, Fiela se kind, Moerbeibos en Toorbos. Elke boek is deur deeglike navorsing voorafgegaan. Haar boeke is in 14 tale vertaal, en Kringe in ‘n bos en Fiela se kind word reeds vir meer as 20 jaar as voorgeskrewe boeke in skole gebruik. Haar werk is onder m...

Characters

Araminta RossouwProtagonist
Koos MalharbeSupporting
All characters in Brug van die esels